VN se eenvoudige raad is toetsing

Die Verenigde Nasies se Wêreld Gesondheid Organisasie se in ’n verklaring dat die beste raad aan alle lande is om mense te toets vir infeksie van die koronavirus.

Die WGO sê toets elke moontlike verdagte geval om daardeur die verspreiding so doeltreffend moontlik te bekamp.

Die ANC se president het Sondag gesê dat alle persone wat uit “hoë risiko lande” in SA aankom, word onderwerp aan toetse, maar kenners reken dit word nie konsekwent toegepas nie, en daarom het nog infeksie gevalle die land binnegekom.

Mediese dokters wys daarop dat die toetse binne ’n halfuur sy resultate bied, maar ingeligte bronne beweer dat die toetse nie altyd korrekte inligting oordra nie, wat die toets proses dan nutteloos maak.

Die sukses wat Suid-Korea bereik het met hulle toetsprogram, is volgens regerings woordvoerders nie in SA moontlik nie, en met die besondere onwilligheid om die toetse te doen, maak dat die eskalering van infeksies nie gou gestuit gaan word nie.