Virus: Wêreld maak gereed vir pandemie

Die hoop dat die koronavirus sy grootste krisis in Sjina sou wees, en nie verder versprei nie, het die afgelope weke vervaag, en maak die wêreldleiers op mediese en ekonomiese terrein gereed vir ’n pandemie

Die snelle toename is infeksie gevalle in lande soos Italië, Suid-Korea, Japan en ander lande het getoon dat die verspreiding wêreldwyd kan lei tot ’n geweldige groot pandemie.

Vrees bestaan dat die onderontwikkelde land soos in Afrika nie die aanslag sal oorleef nie, en kan lei tot die dood van derduisende mense.

Infeksie gevalle in Sjina het drasties gedaal en die jongste aanduiding is dat dit soveel as 350 nuwe gevalle is per dag, terwyl Suid-Korea reeds meer as 320 gevalle per dag aanmeld.

Wetenskaplikes en deskundiges reken die verspreiding is onbeheerbaar, en elke land ter wêreld sal uiteindelik deur die virus geraak word, terwyl die gevaar van ’n wêreld-resessie nie uitgesluit is nie, aangesien fabrieke, nywerhede en sakeondernemings op vele plekke gedwing word om hulle produksie te staak vir ’n onbepaalde tydperk.