Virus: VSA ontwikkel snel toets metode

Die VSA het reeds ’n tekort aan toets toerusting vir die koronavirus, maar nou het die land ’n nuwe toets stelsel goedgekeur wat in hospitale en nood afdelings gebruik mag word wat binne 45 minute die resultaat uitwys.

Di Amerikaanse reguleerders het die nuwe toetser goedgekeur op ’n tyd wat die Amerikaanse bevolking gesukkel het om sy mense getoets te kry vir moontlike infeksie.

 Die nuwe toetser is deur ’n maatskappy, Cepheid, ontwikkel in die deelstaat Kalifornië en is goedgekeur deur die  US Food and Drug Administration wat glo verspreiding van die toetsers goedgekeur het wat die week in aanvang sal neem.

Intussen is verskeie maatskappye koorsagtig besig om na ’n moontlike mediese middel te soek en t ontwikkel vir aanwending teen die koronavirus.

’n Moontlikheid bestaan dat die anti-malaria entstof dalk suksesvol kan wees word intussen ondersoek en getoets.