Virus verspreiding styg daagliks

Die koronavirus se verspreiding is bykans by die stadium dat dit elke tweede dag verdubbel, terwyl die kommer aan die oplaai is oor die hospitale se onvermoë.

Gister is aangekondig dat die aantal infeksies reeds die 150 merk bereik het terwyl dit die vorige dag nog op 116 gevalle gestaan het.

Die toename van 34 nuwe gevalle binne 24 uur laat die vermoede bestaan dat die totale aantal infeksies reeds hoër is as 150, en is die verwagting dat die toename teen die naweek die 200 merk kan bereik.

Alhoewel baie maatreëls reeds aangekondig is, wil dit lyk asof jonger mense groter onverskilligheid toon, terwyl tehuise en aftree oorde nou strenger maatreëls instel ten einde infeksie te vermy.