Virus versprei vinniger as vermoed is

Die koronavirus se verspreiding oor die wêreld is veel vinniger as wat wetenskaplikes voorspel het, en die gevare van ekonomies insinking word ’n al groter moontlikheid.

Terwyl die verspreiding in Sjina drasties gedaal het, is die teenoorgestelde besig om oor die wereld te gebeur.

Ingeligte bronne wys daarop dat lughawens die gevaarlikste plek geword het, terwyl vliegtuig reise ewe riskant geword het, en het owerhede reeds begin om mense te ontmoedig om oorsese reise aan te pak.

Die hoof van die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO), Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê byna agt keer meer gevalle van infeksie is buite Sjina aangeteken teenoor wat in Sjina was in die afgelope 24 uur.

Hy sê die verspreiding het nou ’n baie hoe vlak bereik, en mense kan nie sonder voorbereiding dit waag op ’n vliegtuig nie.

Volgens die WGO is die uitbreking in Suid-Korea tans die ernstigste, en die VSA het reeds 6 sterfgevalle aangemeld, terwyl Japan, Italië, en Iran van die gevaarlikste lande is om te besoek.