Virus: SA een van 10 navorsers

Suid-Afrika is aangewys as een van 10 lande ter wêreld wat betrokke is by projekte om doeltreffende en effektiewe middels te ontwikkel teen die koronavirus wat ’n pandemie geword het.

Die Verenigde Nasies se afdeling Wêreld Gesondheid Organisasie het tien lande gevra om die mees effektiewe middel te ontwikkel vir die behandeling van infeksie deur die koronavirus.

Die span wetenskaplikes, onder leiding van Prof. Helen Rees, verbonde aan Wits Universiteit waar sy aan die hoof staan van die Gesondheid en HIV Instituut, sal glo navorsing doen soos wat sy voorheen gedoen het met die Ebola virus.

Intussen is verneem dat die VSA reeds in samewerking met Duitsland, belangrike navorsing begin het, terwyl ’n ander instansie besig is met toetse om te bepaal of die anti-malaria entstof nie die suksesvolle middel kan wees nie.