Virus Nuusflitse

SA

Saterdag is slegs 17 nuwe infeksies aangeteken, wat die totale infeksies op 1,187 te staan bring met een blanke dame van die Wes-Kaap wat gesterf het.

Italië

Die krisis blyk steeds groter te word met 10,100 sterftes en ’n infeksie syfer van nagenoeg 93,000 en die owerheid se streng maatreëls is blykbaar nog nie voldoende om ’n ommekeer te bring nie, nadat Saterdag se sterftes 890 was.

Brittanje

Die owerheid waarsku dat sterftes van 20,000 mense verwag kan word nadat die sterftes reeds die 1,000 merk gedurende Saterdag verby is.

VSA

Die infeksies styg teen ’n geweldige tempo en staan reeds op sowat 122,000 terwyl die sterftes op 1,077 te staan gekom het Saterdag.

Spanje

Die regering het nuwe maatreëls aangekondig nadat inligting ontvang is dat bykans 6,000 sterftes reeds geregistreer is en sowat 74,000 infeksies aangeteken is.