Virus kan SA boere knel

Die uitbreking van koronavirus kan die Suid-Afrikaanse kommersiële boer ’n ernstige terugslag besorg en ekonome stel die waarde en moontlike verliese op sowat R40 miljard.

Die kommersiële boer het die afgelope paar jaar ernstige terugslae gehad, waarvan die versengende hitte en langdurige droogtes groot terugslae veroorsaak het.

Die talle kere wat uitvoere gestuit is weens bek-en-klouseer uitbreking in dele van die land waar opkomende boere in bedryf is, het sy tol geëis.

Die koronavirus word egter as die grootste bedreiging beskou, en landbouers sit vasgevang wanneer uitvoerpermitte nie toegestaan word nie.