Virus: Geen land sal vryspring

Verskeie lande op die drie kontinente het pas aangekondig van hul eerste en nuwe gevalle van koronavirus infeksies, wat deskundiges se voorspellings al meer as korrek wil lyk dat geen land die impak van die virus sal vryspring nie.

Daar mag enkele lande wees wat nie groot getalle infeksie gevalle kry nie, maar die wêreldwye resessie wat nou voorspel word, sal elke land op een of ander wyse raak.

Die aandelemarkte is besig om die een na die ander, ’n skerp afname te toon, en elke negatiewe aankondiging oor verspreiding van die virus, laat die markte verder tuimel.

Verskeie aandelemarkte het die afgelope week met 3 tot 5 persentasiepunte gedaal, en ekonome waarsku dat sakelui en regerings hulle moet voorberei om die krisis die hoof te bied.

Met dalende markte, toenemende infeksie gevalle oor ’n groot deel van die wereld, is die eerste tekens dat ’n pandemie verwag kan word, terwyl ’n reuse ekonomiese ineenstorting daarmee saam gebeur.

Duitsland het reeds 45 infeksie gevalle, Spanje 30, Frankryk 40 en Italië sowat 170, terwyl die totale aantal infeksies in Europa reeds die 700 merk verby gegaan het, wat daarop dui dat die beheer ’n onmoontlike taak is.