Virus: Bill Gates skenk miljoene dollar

Uit Chicago in die VSA word berig dat die multi-miljoenêr se Bill en Melinda Gates Stigting $125 miljoen bygedra het om die ontwikkeling van ’n teenmiddel vir die koronavirus, te bespoedig.

Die optrede volg kort nadat berig is dat die virus verspreiding in die VSA veel vinniger is as wat aanvanklik voorsien is.

Mediese navorsers vanoor die wêreld werk onophoudelik om teenmiddels te ontwikkel wat effektief sal wees teen die koronavirus wat ’n geweldige invloed uitoefen op mense se lewens en lande se ekonomiese status.

Die Bill en Melinda Gates Stigting het oor die jare bekendheid verwerf vir hulle ruim bydraes om die nood van mense te verlig, en wetenskaplikes is dankbaar vir die jongste skenking wat die moontlikheid verbeter om ’n doeltreffende middel te ontwikkel.