Vergeet van vakansie atmosfeer

Inwoners van Suid-Afrika is van vandag ingeperk tot hulle woonplekke, en daar is nie sprake van ’n vakansie atmosfeer met talle planne van onspanning nie.

Die gereelde stap met Wagter is taboe, en die oggend se draf op die sypaadjies is verbode, en geen skulpe koptellery op die stil wit strande van ons mooi land nie.

Jy kan net drie dinge doen. Gaan koop kos by die kruidenierswinkel, en keer terug huiswaarts, want al die ander winkels is gesluit en dalk is daar ’n polisieman wat jou bewegings dophou.

Jy kan apteek toe gaan om noodsaaklike medisyne te kry, of jy kan hospitaal toe gaan as jy vermoed dat die virus op jou toegeslaan het.

Indien jy so ’n vermoede het, bly weg van winkels en apteke.