Veeboere trek swaar oor diefstal

Veeboere in die Oos-Kaap trek swaar weens die enorme vlaag van diefstal wat hulle vee getalle laat kwyn regdeur die jaar om in Desember ’n nog hoër vlak te bereik/

Daagliks verloor die provinsie 30 beeste, 32 bokke en 120 skape.

Dit belope astronomiese bedrae in Randwaarde, en word beraam op R660,000 per dag, en jaarliks word dit sowat R250 miljoen, wat meer is as wat die streek se boere kan bekostig.

Boere sê alhoewel goeie samewerking met die polisie verkry word, is daar in seker dele ’n onverskilligheid, en moet boer self maatreëls inbou om sy kudde te beskerm teen die rowers.

Maatreëls soos klokke aan die diere se nekke help vir ’n rukkie, maar die diewe weet dat uitgestrekte veeplase dit vir ’n boer moeilik maak om die diewe te betrap.