Vakbonde in opstand teen ANC regime

Nehawu en Cosatu het ernstige waarskuwings gerig tot die ANC regering om nie voort te gaan met sy planne om R162 miljard te bespaar deur salarisse te verminder of om verhogings te laat vaar nie.

Die vakbonde sê daar is duidelike ooreenkomste aangegaan oor vanjaar se verhogings, en enige negatiewe aanpassing sal nie geduld word nie.

Die vakbonde sê hulle sal veg teen enige poging om hulle lede se vergoding te verminder, of verhogings nie toe te staan soos vroeër ooreengekom is nie.

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni het in sy begrotingsrede gesê R162 miljard kan bespaar word deur salarisse te besnoei oor die volgende drie jaar.

Onbevestigde berigte lui dat die vakbonde vasbeslote is om Suid-Afrika inregeerbaar te maak indien die beoogde besnoeiings toegepas word.