Twee SA burgers het virus infeksie

Die Princess Diamond

Twee van die tientalle Suid-Afrikaners wat op die Japanese plesierboot is, is pas gediagnoseer met die Sjinese koronavirus en ondergaan mediese behandeling in Japan.

Sowat 12 Suid-Afrikaners is op die plesierboot, en die vermoede bestaan dat daar meer van die land se inwoners kan wees wat die infeksie het aangesien dit 14 dae kan neem voordat infeksie vasgestel kan word.

Die 12 SA burgers is in diens van die Princess Diamond plesierboot en is nie van voorneme om gou terug te keer na hulle land nie.

’n Woordvoerder van die Japanese owerheid sê hulle het op 25 Februarie bevestiging gekry dat die twee werkers infeksie opgedoen het, en is dadelik vir mediese behandeling opgeneem.