Tsoenami vrees na hewige skudding

Inwoners in die noordelike deel van die Russiese Koeril Eiland sit in vrees sedert ’n aardbewing wat 7,5 op die Richterskaal geregistreer het, die gebied geskud het.

Alhoewel veiligheidsbeamptes gesê het die skudding het slegs geringe golwe naby die kus veroorsaak, het kenners gewaarsku dat ’n tsoenami nog enkele ure later die kus bereik.

Die VSA het sy beoogde waarskuwing aan Hawaii gekanselleer nadat lesings geneem is van die aardbewing in die Koeril gebied wat geleë is tussen die Stille Oseaan en die See van Okhotsk.

Inwoners is aangeraai om in die veiligheid sone t vertoef vir minstens twee dae deur op die hoë liggende gebied te bly.