Trump bereid tot wapenbeheer onderhandeling

Die Amerikaanse president, Donald Trump, is bereid tot samesprekings met die leiers van Rusland, Sjina, Brittanje en Frankryk, wat almal permanente lede van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad is om die moontlikheid van ’n nuwe wapen beheer ooreenkoms te ondersoek.

President Trump wil ook ’n vergadering hou met Sjina en Rusland om vordering te maak met ’n “drie-rigting” wapen beheer stelsel, maar geen datum of plek vir so ’n geleentheid is bekend nie.

’n Woordvoerder van die VSA sê so ’n ooreenkoms sal Sjina en Rusland intrek in ’n wapen beheer en kontrole stelsel wat die duur wapen wedloop sal beëindig wat elke land tans moet aanwend vir ontwikkeling van nuwe wapentuig.

Die Russiese president, Vladimir Poetin, was die eerste leier wat so ’n moontlikheid geopper het gedurende verlede jaar.

Poetin se gedagte is dat ’n byeenkoms met die P5 lande gehou word waarby Rusland en Sjina, wat nie lede is nie, ingesluit word wanneer die jaarlikse byeenkoms gehou word wat vanjaar by Camp David, in Maryland, Amerika gehou word.