Toenemende vrees vir wêreld resessie

Die moontlikheid dat die koronavirus sou uitwoed teen die einde van Maart, het nou omgeswaai tot ’n vrees dat ’n wêreld resessie binne maande kan ontstaan.

Die snelle verspreiding van infeksie oor groot dle van die wereld, het ’n negatiewe impak op die ekonomiese aktiwiteite aangesien nywerhede en sakeondernemings verplig is om hulle dur te sluit weens gevalle van infeksie onder werkers.

Talle lande het reeds begin om mediese voorraad op te bou, en ander maak voorsiening van massa voorraad voedsel in gevriesde en geblikte vorm aangesien die vervoerstelsels in die land onder hewige druk verkeer.

Groot nyweraars, waarvan verskeie motorvervaardigers is, het infeksie gevalle onder werkers gekry en moes ter wille van personeel se veiligheid die mense huis toe stuur terwyl produksie tot stilstand geruk word.

Bykans 3,000 mense het reeds wêreldwyd gesterf as gevolg van koronavirus infeksie, en sowat 90,000 is reeds besmet met die virus, en ’n onbekende aantal het infeksie maar kon nog nie op die vroeë stadium geïdentifiseer word nie.

Volgens die Wêreld Gesondheid Organisasie is daar reeds gevalle aangemeld in 48 lande, met ’n geraamde totaal van 3,800 gevalle van infeksie.