Terroriste dood dosyne soldate

President Idriss Deby

Die wrede terroriste beweging, Boko Haram, het in een van sy dodelikste aanvalle teen troepe in Chad, talle gedood, en in ’n ander voorval in 52 Nigeriese soldate gedood.

Die slagting in die oostelike deel van Borno is waarskynlik die ergste voorval ooit toe bykans 100 troepe van Chad gedood is volgens die verklaring wat uitgereik is deur President Idriss Deby.

’n Aanval wat sewe uur lank geduur het op die weermag basis was die dodelikste wat nog in die streek deur die Islamitiese terroriste uitgevoer is.

Die president sê dit is die swaarste slag wat die weermag nog getref het in die nagtelike aanval en is in die Lac-provinsie uitgevoer wat die grens vorm tussen Nigerië en Niger.

In totaal is sowat 150 soldate gedood deur die Boko Haram terroriste