Suid-Afrika is onvoorbereid

Dit is nie net die land se kragvoorsiener wat onvoorbereid, van een krisis na die ander beweeg nie, want daar is talle ander staats entiteite wat ewe onvoorbereid is om hulle krisisse te oorkom.

Van die grootste sondebokke is die ANC se onbevoegde regering onder leidings van president Cyril Ramaphosa, wat die afgelope week getoon het hoe oneffektief hulle werklik is.

Die drie gevalle van koronavirus infeksie wat in Suid-Afrika aangemeld is, is ’n sprekende voorbeeld van swak bestuur.

Ten eerste moes die skandering van almal wat op die lughawe vanaf die vliegtuig aangekom het, dadelik geskandeer gewees het om seker te maak dat geen infeksie geval deurgaan nie.

Dit sou verseker dat die enkele geval van die man uit Italieq dadelik geïdentifiseer kon word, en wat alle passasiers wat met hom in aanraking was, saam met sy eggenote in ’n kwarantyn gebied opgeneem word.

Dit het nie gebeur nie, want Suid-Afrika se regering het nou nog nie ’n kwarantyn gebied nie, en daarom kan met die grootste vrymoedigheid, en sonder vrees vir teenspraak gesê word die regering en sy amptenare is net so onbeholpe hiermee as met die staats entiteite wat die een soos die ander op die rand van bankrotskap staan.

Dit is dus met reg dat Suid-Afrika ook twyfel het oor die sogenaamde hospitale wat op gereedheid vlak is, terwyl een en elk van die staat se hospitale ’n uitermatige bedenklike diens lewer.

Die bedenklike toestande van die land se gesondheidsdienste is waarskynlik ook die rede waarom die Suid-Afrikaners in Sjina nie gewillig is om terug te keer na ’n land wat meer risiko’s het as wat hulle tans in Sjina het.

Die toedrag van sake is kenmerkend van wat in die land gebeur, en bestaan die hoë Westerse standaarde hoegenaamd nie meer in die land wat voorheen die modelstaat van Afrika was nie.