Studente onluste raak leliker

Protesterende studente by die Universiteit van Zoeloeland se hoofkampus in Ongoye, Natal, het uit woede ’n polisie vangwa aan die brand gesteek.

Die optrede het gevolg nadat samesprekings tussen die studente en die universiteit owerheid op ’n mislukking uitgeloop het.

Waarnemers sê die onluste het daarna verder toegeneem en meer polisie moes na die gebied ontplooi word toe studente die paaie met klippe en brandende buitebande versper het, en reuse verkeersopeenhopings veroorsaak is.

Die studente protesteer teen die universiteit se besluite en eis dat die arm studente se studiegeld vir vanjaar afgeskryf moet word.

Niemand is tot dusvêr beseer nie, en die polisie het ’n klag van saakbeskadiging geopen nadat ’n polisievoertuig en geboue beskadig is.