Strande van wêreld kan verdwyn

Sowat die helfte van die wereld se sand strande kan verdwyn teen die einde van die huidige eeu weens die styging van die seewater vlakke wat veroorsaak word deur klimaatsverandering.

Die wetenskaplikes wys daarop dat Australië, Kanada, Chili, Meksiko, Sjina en die Verenigde State van Amerika die hardste geraak sal word.

Baie van die seestrande wat duisende besoekers lok, sal geleidelik verdwyn om slegs ’n rotsagtige “strand” te laat bly, en veral die sand seestrande wat gewild is onder toeriste, kan in die slag bly.

Michalis Vousdoukas van die Europese Kommissie het die gesamentlike navorsing gedoen saam met ’n span deskundiges, nadat opdrag gegee is om ’n verslag uit te bring oor die uitwerking van klimaatsverandering.

Die seevlakke het in die afgelope twee dekades aansienlik verhoog weens die smelting van ys in die poolstreke van die aarde, wat weer lei tot uiteindelike verwarming van die see, met die negatiewe gevolge wat daarmee gepaard gaan.