Sjina woedend oor Trump opmerking

Die Minister van Buitelandse Sake in Sjina het gesê dat die VSA se President, Donald Trump, se “Twitter” opmerking dat die koronavirus ’n “Sjinese virus” is, ’n beledigend en neerhalend is.

Hy sê Sjina maak ten sterkste beswaar oor die woorde wat Trump gebruik het om na die koronavirus te verwys as ’n Sjinese virus.

Die woordvoerder sê die Amerikaanse president moet hom eerder bepaal by sy eie aangeleenthede in die VSA.

Vroeër het President Trump die Sjinese geprys vir die wyse waarop hulle die koronavirus krisis hanteer het, waarop die Sjinese geen kommentaar gelewer het nie.