Sjina se hulp word bevraagteken

Sjinese entiteite in Suid-Afrika het glo donasies van R3 miljoen gemaak aan die land met toerusting wat kan help om die koronavirus te beveg.

Die Sjinese het ook toets apparate beskikbaar gestel wat deur die Sjinese ambassadeur in Suid-Afrika, Lin Songtian, bekend gemaak is.

Die ambassadeur sê die Sjinese kommunistiese regering het aangedui dat hulle 5,000 bykomende toets toestelle aan Suid-Afrika skenk.

Politieke waarnemers het egter hulle bedenkinge uitgespreek oor die optrede van die Sjinese regering nadat die Amerikaanse deskundige daarop gewys het dat die wêreld die reg het om Sjina verantwoordelik te hou vir die chaos wat in sy land ontstaan het.

Die mening is uitgespreek dat Sjina ingevolge die internasionale reg tot verantwoording geroep kan word vir die uitbreking wat ’n pandemie geword het.