Sjina ontdek 2 soorte virus

Wetenskaplike navorsers in Sjina het ’n studie gemaak van die koronavirus en die infeksie se uitwerking op mense, en het in die proses twee verskillende soorte korona-virusse gevind,

Beide die virusse het die eienskappe om infeksie t veroorsaak, maar dit is onduidelik of beide ewe gevaarlik is en of albei ewe goed reageer op mediese behandeling.

Die navorsers van die Peking Universiteit vir Lewe het in samewerking met die Sjinese Wetenskap Akademie ’n analise opgestel en sê die twee virus soorte verskil wel van mekaar, maar onduidelikheid bestaan wat dit alles behels.

Die navorsers het egter bevind dat die meer aggressiewe virus vir 70% van die infeksies verantwoordelik is en die 30% word beskou as aansienlik minder aggressief.