Sjina kry tweede virus-beurt

Terwyl die Hubei provinsie in Sjina sy maatreëls verslap nadat die aantal infeksies tot die nul-punt gedaal het, begin die land se tweede fase van virus infeksies in ander dele van Sjina.

Die kommunistiese regering se grootste probleem het nou ontstaan met persone met infeksie wat van buite die land na Sjina gaan.

In die afgelope twee dae het die aantal nuwe infksies met 47 gevalle toegeneem, en waarnemers reken dit kan katastrofiese gevolge vir die land inhou as die toegang nie streng beheer, of selfs tydelik opgeskort word nie.

Talle lande het reeds die “sluit af” beginsel aangekondig wat meebring dat toegang en reis verbied word.

Maandag het Sjina reeds 78 nuwe gevalle aangemeld, en die vermoede bestaan dat Dinsdag selfs meer infeksie gevalle die land binne gekom het, met ’n duidelike aanwysing dat Sjina veel strenger maatreëls sal moet instel as hy nie dadelik optree nie aangesien die totale infeksie gevalle reeds die 500 merk verby is.