Sasol kry reuse terugslag

Sasol het waarskynlik die afgelope Maandag sy slegste finansiële dag van alle tye beleef met die afgradering deur Moody’s Beleggingsdiens en sy verlies by die Lake Charlesaanleg.

Die nywerheid het ook sy swakste dag gehad met die R47 miljard verlies met die markte wat tuimel in waardes.

Aandele in die werldq se grootste vervaardiger van brandstof uit steenkool het met meer as 46% tot R85.35 teruggesak toe die olieprys ’n vry-val beweging begin het weens die onsekerheid op die wêreldmarkte.

Dit is die grootste insinking sedert die 1991 Golf Oorlog toe die Brent olieprys op die wêreldmarkte met 30% teruggesak het en dit op een stadium die afgelope Maandag so laag as $31.00 per vat verhandel het.

Alhoewel almal ’n laer olieprys verwelkom, net dit gemeet word aan die hand van die omstandighede wat die verlaging veroorsaak, wat in hierdie geval nie gunstig is nie aangesien dit verband hou met die koronavirus.