SAL kanselleer dosyne vlugte

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het reeds 162 vlugte gekanselleer wan aanvanklik geskeduleer is vir tot 31 Maart.

Van die vlugte is 38 internasionale en 124 streeks gebied bestemmings waarvan baie na naburige Afrika lande is.

Volgens ’n verklaring wat Woensdagmiddag uitgereik is, word die vlugte gekanselleer weens die uitbreking van koronavirus.

Passasiers  wie se vlugte gekanselleer is, sal glo deur ander rederye gehelp word, maar waarskuwings word gerig tot alle passasiers om net van vlugte en ander openbare vervoer gebruik t maak in noodsaaklike gevalle vanweë die virus verspreiding wat al vinniger plaasvind.