SA virus infeksies styg

Gister was die aantal mense met infeksie reeds 62, en vandag spring die getal na 85, wat daarop neerkom dat een nuwe geval elke uur aangemeld word.

Die Departement van Gesondheid se Minister Zweli Mkhize het bevestig dat die aantal gevalle in die afgelope 24 uur met 23 gevalle gestyg het tot ’n algehele totaal van 85 infeksies.

Kenners wys daarop dat die stygende tendens van meer as 33% ’n aanduiding is dat Suid-Afrika ’n enorme krisis in die gesig staar.

Die styging toon dat daar in die 12 dae sedert die eerste geval aangeteken is, ’n verspreiding was wat veels te vinnig is om voortaan beheer te word, en dat die beskikbare hospital wat “op ’n gereedheidsgrondslag is, uiteindelik nie voldoende sal wees nie.

Alhoewel die Ramaphosa regime positiewe maatreëls aangekondig het, sê deskundiges dat daar te veel ervaring is van die hospitale se onvermoë om deeglike werk te doen.