SA Parlement se speaker dalk tronk toe

Thandi Modise

Die swaard van arrestasie hang oor die kop van die parlementêre speaker,  Thandi Modise, en dit hou die moontlikheid in dat die speaker agter tralies kan beland.

Modise durf dit nie waag om nalatig te wees nie, en moet seker maak dat sy op 31 Maart in die Streekshof van Potchefstroom verskyn.

Modise word vervolg deur die Nasionale Raad van die Dierebeskerming Vereniging en word deur advokaat Gerrie Nel gesteun.

Die saak handel oor haar verwaarlosing van plaasdiere wat in haar besit was waarvan sowat 50 varke in die haglikste omstandighede aangehou is en die Dierebeskerming noodgedwonge moes ingryp.

Indien die speaker in gebreke bly om op die gestelde datum van 31 Maart in die hof op te daag, dal sy ingevolge die hof se bevinding onverwyld in hegtenis geneem word en agter tralies beland.