Regter word verwerp deur kollegas

Mushtak Parker

Sowat tien regters van die Wes-Kaapse Hooggeregshof het geweier om saam met hulle kollega, regter Mushtak Parker, op die regbank te sit.

Navrae toon dat die regter bestempel word as iemand met ’n ernstige tekort aan integriteit.

In ’n brief aan Regter President John Hlophe, het die tien regters geskryf dat Regter Parker belangrike teenstrydige verklarings gemaak het oor wat gebeur het tussen hom en regter Hlophe.

Die regters sê in een verklaring beskuldig hy regter Hlophe en in die volgende verklaring nie.

Hulle beweer ook dat een van ’n hele aantal beskuldigings word Hlophe se adjunk, Patricia Goliath, ook betrek.

Die tien regters sê dit wat in verklarings deur Parker gemaak is, verskil ook van dit wat hy aan kollegas vertel het.

Parker het ook aan een kollega die versoek gerig om hof dokumente terug te hou wat vir die doel van ’n kriminele klagte opgestel is.