Regering ondersoek talle winkels

Die regering het bekendgemaak dat sowat 30 winkels ondersoek word nadat klagtes ontvang is dat onredelike prysverhogings toegepas is.

Die aankondiging van die president dat ’n inperkings van 21 dae inwerking gestel word, het ook ’n beletsel bevat dat onredelike prysverhogings nie toegelaat gaan word nie.

Nou wil dit lyk asof tientalle winkels hulle aan die misdryf skuldig gemaak het, en die owerheid wil nou vasstel of die prysverhogings waaroor beswar ontvang is, geregverdig is al dan nie.

Verbruikers kla reeds etlike jare dat winkels geneig is om pryse onnodig te verhoog sodra die voorraad begin skaars word wat deur verskaffers voorsien moet word.

 Lesers het in die verlede gekla oor apteke wat dikwels die rakprys van vinnig bewegend produkte te verhoog, en gedurende die seisoen waartydens die aanvraag laer is, die prys weer te verlaag.