Regering bring burgers terug van Sjina

Die ANC regering het na weke van pleidooie uit Sjina van Suid-Afrikaanse burgers om hulp te kry sodat hulle die land kan verlaat, nou eers tot konkrete besluit gekom om die mense per vliegtuig tte gaan haal.

Die Minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, en verskeie van sy kolegas het Maandag te kenne gegee dat die regering kontak gemaak het met die grootste aantal mense wat wil terugkeer uit Wuhan, Sjina, wat die saarste getref is dur die koronavirus epidemie.

Sowat 151 mense sal teruggebring word met ’n vliegtuig vanaf Suid-Afrika en dit sal na verwagting binne tien dae afgehandel word.

Die SA Verdedigingsmag sal glo bystand verleen deur die aankomelinge op ’n onbekende plek te huisves vir ’n kwarantyn tydperk van 21 dae.

’n Multi-dissiplinêre mediese span sal die mense ondersoek en waar nodig, behandeling toepas, en alhoewel die presiese plek van huisvesting sal wees nog onbekend is, word vermoed dat dit in die Vrystaat kan wees.