Rand en Effektebeurs tuimel verder

Alhoewel dit nie net die Suid-Afrikaanse ekonomie is wat ernstige insinkings beleef nie, maar ook die internasionale markte wat beïnvloed word, is dit kommerwekkend hoe drasties die Rand asook die Johannesburgse Effektebeurs gebuk gaan.

Benewens die reis verbod en kwarantyn gebied wat steeds nie bestaan in die land nie, word die onsekerheid oor wat in die land gaan gebeur sterk gevoel op die binnelandse markte.

Die onsekerheid het die Rand hard geslaan en het nou sy allerlaagste vlak bereik teen die Amerikaanse geldeenheid, met nog groter verliese teen die Britse pond.

Die Beurs het in ’n finansiële bloedbad beland, veral met die skerp daling in die olieprys, wat Sasol se prys met 45% laat val het.

Die alle-aandeel prys het met 5% teruggesak en nog ’n groot verlies het gekom by Glencor wat 13% en MTN wat 12% verlies getoon het.