Ramaphosa regering se bewerings

SA Parlement

Die ANC regime se president, Cyril Ramaphosa, het namens sy regering ’n lang reeks maatreëls aangekondig wat klaarblyklik in navolging van ander Westerse lande is.

Hy beweer dat hy in konsultasie is om voorstelle vir spesiale vergunnings te maak aan maatskappye wat erg gebuk gaan onder die maatreëls en die invloed van die COVID-19 pandemie.

Hieroor is daar egter vele wenkbroue gelig, en sommige sakemanne sê Suid-Afrika het reeds te veel gesluk van die onwaarhede wat Ramaphosa kwytraak, en voeg by dat die leuens in die parlement nog vlak in die gehoue van inwoners is.

Die Werknemers Verligting Skema sal glo sakeondernemings bystaan om werkers te vergoed gedurende die tydperk om sodoende afdanking te probeer voorkom.

Enige werker wat siek word tydens sy werksure, en bewys gevind word dat infeksie van die virus teenwoordig is, sal uit die Kompensasie Fonds vergoed word.

Nog verskeie ander soorte hulp word glo gebied, maar kenners reken daar sal van baie beloftes net dadels kom, want 2 miljard se skenkings, en die regime se skraal bydrae van R150 miljoen, is ’n druppel in die emmer.