Ramaphosa praat met kerkleiers

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het ’n ontmoeting gehou met die leiers van verskillende gemeenskappe in die geloof wêreld.

Verskeie kerke en gemeentes het egter geweier om met politieke leiers in gesprek te tree oor die koronavirus krisis, en het klaar hulle eie reëlings getref om te voldoen aan die regulasies wat uitgevaardig is.

Sommige kerke het reeds op sinodale vlak besluit om kerkdienste te staak tot latere kennisgewing, terwyl meer konserwatiewe gemeentes nuwe metodes van Woordverkondiging in werking gestel het.

Waarnemers wys daarop dat die gesprek deel is van Ramaphosa se reeks gesprekke wat hy onderneem regoor die verskillende sektore in die land ten einde te verseker dat die virus verspreiding stadiger is as wat tot hede ondervind word.

Volgens ’n woordvoerder wil die ANC president poog om die samewerking van alle groepe in die land te bewerkstellig, maar ingeligte bronne wys daarop dat die regulasies wat uitgevaardig is, reeds ondervang wat die president nou wil doen.