Prasa voor Zondo oor Staatskaping

Die spoor agentskap Prasa moet weer voor die Zondo Kommissie verskyn oor Staatskaping, te midde van die koronavirus krisis wat talle strukture in die land lamgelê het.

Die Passasiers Spoor Agentskap (Prasa) word verdink van ongerymdhede wa in die Zuma-era gedurende 2015 plaasgevind het.

Transnet se voorsitter, Popo Molefe, het verlede Vrydag getuig dat die ANC se vorige president, Jacob Zuma, probeer het om  Lucky Montana as Prasa se Hoof Uitvoerende Beampte in sy pos aan te hou te midde van beweerde korrupsie betrokkenheid.

Prasa is tans onder die sorg van ’n administrateur geplaas weens sy stryd om staande bly op ekonomiese gebied om die verliese van miljarde Rand se korrupsie skandaal te oorkom.