Prasa kry nog terugslae

Die Spoor agentskap Prasa, wat reeds as tegnies bankrot beskou word, het verlede week weer terugslae gekry toe al sy treine in die Wes-Kaap tot stilstand gedwing is.

Die terugslag is veroorsaak deur kabel diewe wat die vervoerdiens tot stilstand geruk het sodat duisende passasiers hulle moes verlaat op ander metodes om by bestemmings op te daag, en die vervoer van noodsaaklike goedere het ook agterweë gebly.

Die wanbetaling van Eskom se krag het ook ’n rol vervul om die treindiens tot stilstand te bring, en die onderbrekings kos Suid-Afrika meer as R3 miljard wat op hierdie stadium totaal onbekostigbaar is.

Na berig word het vandale ook toegeslaan in Transvaal en ernstige skade aan spoorweë en toerusting veroorsaak, en ingeligte bronne beweer dat di spoor agentskap nog terugslae kan verwag wanneer die vakbonde hulle eise oor lone ’n salarisse begin stel.