Politieke leier laat hom toets

Kenneth Meshoe

Die politieke leier van die ACDP is getoets en blykbaar negatiewe uitslag ontvang dat hy nie infeksie opgedoen het van die koronavirus nie.

Nou word kommer uitgespreek oor Cyril Ramaphosa se welstand aangesien hy gedurig tussen ander mense is vir vergaderings en ander geleenthede.

Die leier, Kenneth Meshoe, van die African Christian Democratic Party het bekend gemaak dat hy hom laat toets het en die ANC president het die stap verwelkom en gesê dit is verblydend dat die leier homself laat toets het.

In ’n verklaring het die ministerie gesê dat dit nie op hierdie stadium nodig is dat die president hom hoef te laat toets nie.