Politieke krisis duik op in Irak

’n Ernstige politieke krisis het opgeduik toe die “Eerste Minister in Wording” Mohammed Allawi, hom onttrek het as kandidaat vir die komende verkiesing.

Hy beskuldig die verskillende politieke partye daarvan dat hulle hom probeer kelder, en daarmee ’n politieke krisis veroorsaak het.

Mohammed Allawi het Sondag aangekondig dat hy nie as kandidaat vir die amp beskikbaar is nie, en waarnemers reken dit kan die grootste politieke krisis veroorsaak wat Irak nog ondervind het die afgelope dekade omdat dit ’n onvoorsiene vakuum laat wat moeilik gevul gaan word.

Su besluit kom enkele ure na die parlement vir ’n tweede keer misluk het binne ’n week om Mohammed Allawi se kabinet goed te keur terwyl binnekring gevegte oor olieproduksie die politieke stelsel verlam.

Mohammed Allawi is aangewys as Eerste Minister met die bedoeling om daarmee die ernstige politieke verdeeldheid in die land te beëindig, maar sy onttrekking word nou beskou as die grootste verdelende faktor wat moeilik herstel gaan word as hy nie oorreed kan word om weer beskikbaar te wees nie.