Pfizer het dalk antwoord teen virus

Uit die Amerikaanse stad New York het die medisyne vervaardiger Pfizer bekendgemaak dat die maatskappy in sy navorsing moontlik die antwoord het op die koronavirus.

Die maatskappy sê dat sekere elemente in ’n anti-virus middel gevind is, wat saam met ’n derde komponent van ’n ander middel gebruik kan word teen die virus infeksie.

Die maatskappy sê hy hoop om die resultate van die toetse teen die einde van Maart beskikbaar te kry indien alles volgens plan verloop.

Daarna sal toetse op mense begin wat egter eers teen die einde van 2020 die gebruik daarvan sal toelaat indien dit wel effektief is.

Pfizer se Hoof Wetenskaplike, Mikael Dolsten, was een van ’n aantal apteker wetenskaplikes wat die Amerikaanse president, Donald Trump, in die Wit Huis ontmoet het die afgelope Maandag.