Perspektief: Liberale neo-apartheid

Die openbare debat rondom die sogenaamde nalatenskap van apartheid ontaard, tragies uit breër volkskring, in ’n neo-apartheid teen ons voorgeslagte.

Die nuwe boosheid groei uit die propaganda-saad van onder andere die VF+ en Solidariteit-geledere, wat in onlangse jare ongeveer op die volgende paai-standpunt neerkom:

  1. Gewaande benadeling onder apartheid, en die sogenaamde “pyn van die verlede” word nie ontken nie;
  2. MAAR, blankes gebore na 1994 behoort nie in die skuld te deel van die huidige ouer geslag nie.

Hierdie ruggraatlose “middeweg” skep in wese ’n neo-apartheid, waar die bevoordeelde “volks-jeug” die voordeel wat voorgeslagte opgebou het – skole, universiteite, navorsings-instansies, besighede en soveel meer – wil geniet, met bereidwilligheid sal deel met ander, met die lofwaardige doel van vreedsame naasbestaan en ruimte vir almal, binne ons heterogene land.

Die prys wat aangebied word vir húlle toekoms, is dat die regime maar mag diskrimineer teen hul ouers en grootouers wat nog worstel om teen geregimenteerde rassisme ʼn bestaan te probeer maak.

Daardie selfde ouers en grootouers wie sedert 1994 opoffer om hierdie ondankbare geslag die bes-moontlike geleenthede te kon bied, ten spyte van talle struikelblokke

In beginsel kan ons geen probleem hê met vreedsame naasbestaan, of met ’n ruimte vir elke volk, spesifiek hulle jeug, en elkeen se ideale en ambisies nie.

MAAR ons moet dan ook eerlik wees oor die verlede, en nie toelaat dat die “volks-jeug” lukraak hul voorgeslagte saam met die hoofstroom in die beskuldigdebank plaas nie.

Dit spreek van selfsug en eiebelang.

Indien die “volks-jeug” dan so seker is dat apartheid verkeerd was, moet hulle inderdaad doen wat die ANC-EFF-DA eis:

Bieg oor jou bevoordeling;

Gee daardie voordele op aan die benadeeldes en word ’n skuld-slaaf.

Want as jy konsekwent wil wees, geld die beginsel dat die deler is so goed as die steler:

Stel jy dus jou voorgeslag (synde almal gebore voor 1994) in die beskuldigdebank, dan is die logiese gevolg dat jy self skuldig staan.

Hierdie tegelyk-ja-tegelyk-nee standpunt is beginselloos en laakbaar.

Hierdie land is opgebou deur die arbeid van baie – ook uit die ander volke – maar primêr deur die vernuf en opoffering van geslagte Afrikaners, wat hul toekoms hier ter plaatse gebou het oor daardie geslagte.

Teen die jare vyftig is aan elke volk hul ruimte beskikbaar gestel – in meeste gevalle veel meer aan die swart volke as wat hul tradisioneel gehad het.

Hulle het egter die makliker uitweg van trekarbeid verkies.

Dienooreenkomstig was hul primêre bydrae beperk, en het hul die ooreenstemmende loon-voordeel geniet; natuurlik saam met sosiale instellings vir hulle daargestel.

[hierdie geskiedenis is wel bekend aan elke ernstige en objektiewe student van die geskiedenis, en hoef nie in meer besonderhede herhaal of bewys te word nie.  Die resente geskiedenis van plundering en volgehoue vernietiging van infrastruktuur bevestig dat die Afrikaan in SA se agterstand is volledig sy eie skuld.

Die liberale dampkring ignoreer graag die onderskeid tussen blanke Afrikaner, wat hier ’n  land gebou het, en blanke-Uitlander wat onder Engelse imperialisme en kolonialisme bloot kom plunder het.

(en dieselfde Engelse is juis sterk ondersteuners van die disinformasie; verwys gerus na die sg “white monopoly capital” skandaal en beweerde bande tussen Engeland en die EFF)

Terug na neo-apartheid:

Enige vertrekpunt van erkenning gee aan die liberale leuen van die sogenaamde benadeling weens apartheid, lei noodwendig tot ’n voortsetting van daardie leuen.

Vir die “volks-jeug” om hulleself te wil handhaaf ten koste van hulle voorgeslagte, is onderduims en selfsugtig.

Dit spreek van gebrekkige kennis van hul volks-geskiedenis, van ’n tragiese mislukking in hul opvoeding en ’n afwesigheid van morele karakter.