Pasop vir die nuwe “virus-slenter”

Die kriminele mense van Suid-Afrika het al weer geleentheid gevind om hulle sakke te vul met die koronavirus as hulle slenter te gebruik.

Dit is egter nie net koronavirus wat die skurke se slenter is nie, want ook die beurtkrag word as nuwe slenter toegepas om mense te besteel.

Beurtkrag maak dit maklik om inbrekers toegang tot huise en kantore te bied terwyl die eienaar sukkel in die donker van die aand.

Die koronavirus bied weer ’n nuwe aanslag en verskeie nuwe metodes word deur die bowe toegepas in hulle verskeidenheid van skemas.

’n Klop aan die deur van jou huis, en twee manne, kamtig ywerige werkers van die Departement Gesondheid, wat toetse doen of die huismense nie infeksie opgedoen het nie, laat jou glo die mense doen goeie werk.

Voor jy kan sê “mes”, is jy beroof en die skurke is weg!

Intussen het die Departement in ’n verklaring gesê dit is nie ’n werksmetode om mense tuis te besoek vir enige rede nie, en allermins om te toets vir infeksie.

NetCare het aangedui dat daar ook van sy naam misbruik gemaak word deur die skurke om mense te beroof, terwyl hulle onder die vaandel beweeg as werknemers wat die mense toets vir infeksie.