Onvoorwaardelike liefdesverklaring

Die feit dat die Rooi brigade se leier, ene Malema, ’n getroude man is, het blykbaar geen invloed op mense wat liefdesverklarings maak nie.

Zindzi Mandela het gesê haar onvoorwaardelike liefde vir Malema kom op sy verjaarsdag, al het sy voorheen verklaar dat sy nie die ANC sal laat vaar vir n EFF verbintenis nie.

Die Rooi brigade se leier het sy 39 ste verjaarsdag Dinsdag gevier, glo saam met sy sosiale netwerk vriende, en was waarskynlik nie die vreemde verklaring te wagte nie.

Spottenderwys word gevra of Zuma die enigste is wat met baie vroue getroud mag wees.