Ons krepeer

Die wêreld het op sy kop gedraai, want al waaroor berig word in die wêreldmedia is oor die koronavirus en sy gevolge.

Duisende mense het reeds gesterf, en derduisende sit met infeksie, terwyl diegene wat daarvan herstel het, nog geen waarborg het dat hulle ongeskonde anderkant uitgekom het nie.

Wetenskaplikes is onseker oor wat die nagevolge is vir pasiënte wat herstel het, en is bekommerd dat dit ’n permanente en negatiewe gevolg van die long funksie kan beteken.

Asof dit nie genoeg is dat die land letterlik in bewing sit met bekommernis oor die dag van môre nie, is daar die tweede bekommernis van ’n finansiële impak wat in menige gevalle ’n onherstelbare letsel kan laat.

Kleiner sakeondernemings vrees die moontlikheid dat sy personeel infeksie kan opdoen, wat kan beteken dat die onderneming moet sluit, wat nie bekostigbaar is nie, en permanente sluiting kan meebring.

Talle pensionarisse sien hoe die swak ekonomie sy maandelikse pensioen laat krimp, en hoe voedselpryse steeds styg te midde van bewerings dat inflasie verminder het.

Derdens is daar ’n nasionale bekommernis oor die bankrotskap van die regering, wat die noodsaaklikheid van ’n stewige finansiële hulp aan die geknelde bevolking se sakelui en pensionarisse moes ondersteun soos wat elke Westerse land tans doen.

Regerings van oor die wêreld bewillig miljarde Rand om sakelui en pensionarisse, werklose mense en diegene in die laer inkomstegroepe te help om die krisisse te oorleef.

Suid-Afrika beleef sy derde resessie sedert die kommunisties gesinde regime die beheer oorgeneem het in 1994, en het daarmee getoon hoe onbekwaam en onverskillig die regeerders werklik is.