Olimpiese Spele word dalk gekelder

Die Olimpiese Spele wat vanjaar in Japan aangebied word, kan moontlik gekelder word weens die erns van die koronavirus uitbreking.

Alhoewel Japan saam met die Olimpiese Spele se bestuur daarmee volhou dat die Spele voortgaan, is verskeie lande besig om hulle posisie te heroorweeg.

Kanada en Australië is die eerste twee lande wat bekendgemaak het dat hulle nie die voortgang kan steun nie, en sal gevolglik nie hulle spanne stuur vir deelname nie.

Meningsvormers reken die Olimpiese Spele se bestuur behoort eerder te kyk na die moontlikheid om die Spele met ’n jaar uit te stel en nie die moontlikheid van kansellasie as opsie oorweeg nie.

Die mening is ook uitgespreek dat meer lande binnekort die voorbeeld van Kanada en Australië gaan volg, afhangende van wat die wêreldtoestande later in die jaar inhou.