Olimpiese Spele waarskynlik gekanselleer

Aspirant deelnemers aan die Olimpiese Spele van 2020 weier om hulle oefen programme te beëindig weens die moontlikheid dat die Spele afgestel gaan word.

Talle sportleiers het reeds te kenne gegee dat hulle bekommerd is oor die situasie in Japan waar die Spele moet plaasvind, aangesien die tename in koronavirus infeksies in die land dramaties gestyg het in die afgelope week.

Langafstand maraton atlete van Amerika sê hulle is bekommerd oor die toestande, maar gaan nie hulle oefen programme staak nie, aangesien daar geen sekerheid is oor wat kan gebeur nie.

Tot hede het baie lande reeds hulle sportbyeenkomste gekanselleer, en die geweldige groot getal mense wat wêreldwyd infeksie opgedoen het, maak die kansellasie van die Spele ’n sterk moontlikheid.

Die Internasionale Olimpiese Komitee se President Thomas Bach het egter in Japan gesê die organisasie is nog vasbeslote om die Spele aan te bied.

Ingeligte bronne wys daarop dat baie van die wêreld se beste atlete waarskynlik nie die Spele sal bywoon nie, uit vrees dat infeksie omgedoen kan word.