Olimpiese Spele uitgestel

Die hoofde van die Olimpiese Spele het besluit om die sportgeleentheid met ’n jaar uit te stel om eers in 2021 gehou te word.

Die Vryburger het herhaalde kere berig dat dit nie moontlik is om ’n suksesvolle Spele aan te bied te midde van die koronavirus pandemie wat die wereld getref het nie.

Verskeie lande en baie sport liggame ht aangedui dat hulle nie hul kwalifiserende sportlui sal blootstel aan die enorme risiko om infeksie op te doen nie.

Waarnemers wys daarop dat dit steeds merkwaardig bly dat die hoofde van die Olimpiese Spele so kortsigtig kan wees om nie lankal te besluit om die sportgeleentheid uit te stel nie, en eers moes wag tot lande reguit verklaar het dat hulle nie hulle spanne sal stuur om aan so ’n gevaarlike risiko situasie blootgestel te word nie.

’n Leser van Die Vryburger het spottenderwys gesê dit is verblydend om te weet dat die e-koerant se aanbeveling deur die Olimpiese Spele aanvaar en uitgevoer is.