OB kry weer kopskoot

Busisiwe Mhkwebane

Die uiters omstrede Openbare Beskermer van Suid-Afrika, Busisiwe Mhkwebane, het weer ’n hofgeding verloor, wat nou allerweë beskou word as die laaste spyker in die kis.

Sy het in ’n hofsaak gehoop om die 2009 belasting rekords van die ANC se voormalige president, Jacob Zuma, te mag kry vanuit die Inkomstebelasting kantore.

Die Hooggeregshof in Pretoria het egter ten gunste van die SA Inkomstediens, (SAID) beslis dat die belasting dokumente nie beskikbaar gestel mag word aan haar nie.

Die hof het in sy uitspraak beklemtoon dat die rekords van belastingbetalers wat in die SAID kantore is, nie vir insae beskikbaar gestel mag word aan ander instansies of individue nie.

Die voormalige president het met sy handtekening die OB tostemming gegee om sy rekords te ondersoek, maar die SAID het die beskikbaarstelling van dokumente geweier, waarna die OB die hof genader het, net om te hoor die Inkomstediens het korrek opgetree.