Nuusflitse

Iran

Honderde mense met infeksie sterf nadat hulle almal ’n sogenaamde geheime geneesmiddel ingeneem het, en die owerheid ondersoek die aangeleentheid terwyl gesinne woedend is oor die voorval.

VSA

’n Bejaarde man van 106 jaar oud wat die koronavirus infeksie opgedoen het en in die hospitaal opgeneem is en daarna herstel het, vertel hoe hy ook die 1918 Groot Griep oorleef het as kind.

Brittanje

Die Eerste Minister van Brittanje, Boris Johnson, is positief getoets vir virus infeksie en het homself in afsondering geplaas terwyl hy deur middel van die elektroniese media met sy kabinetslede kommunikeer

VSA

Die Amerikaanse Weermag het ingenieurs ingespan om ’n groot hospitaal op te rig waar die pasiënte met infeksie opgeneem kan word vir behandeling aangesien die land nou die grootste aantal infeksies, en ook meer sterftes het.

Passasiersboot

’n Passasiersboot in die Stille Oseaan gebied het reeds twee virus sterfgevalle aan boord, en minstens 130 mense is met infeksie, terwyl die skip se owerheid om hulp roep, val die klaarblyklik op dowe ore.