Nuusflitse

Inflasie styg

Die inflasiekoers het weereens ’n stygende tendens getoon, en volgens die inligting uit die Departement Handel, is die inflasie nou op 4,5% gestel, maar kenners reken die koers is nader aan 6% as die dalende brandstofprys in berekening gebring word.

BMW sluit

Die Duitse motorvervaardiger BMW het aangekondig dat hy sy aanleg by Pretoria vir een maand sluit weens die bedreiging van koronavirus infeksies wat mag voorkom onder sy werkers.

Self isolasie van Proteas

Die krieketspan wat van Indië af teruggekeer het sonder om een wedstryd te speel, het hulleself in self-isolasie geplaas. Die eerste wedstryd teen Indië is afgelas weens swaar reën, waarna die vinnige verspreiding van die koronavirus die krieketbase laat besluit het om terug te keer.

Alle sport opgeskort

Alle sportgeleenthede is in Suid-Afrika opgeskort weens die ernstige toestand van virus verspreiding in die land. Binne een week het SA reeds 116 gevalle van infeksie aangemeld.

Kaapstad Universiteit

Nog ’n personeellid by die Universiteit van Kaapstad is gediagnoseer vir koronavirus infeksie en is in isolasie geplaas, maar dit is onbekend hoeveel mense met die pasiënt in aanraking was.